|
Die Labuschagne Gedenkboek
Die Franse Voorouers van die Labuschagne Familie

Klik Hier om Bestelling te Plaas
'n Direkte uittreksel vanaf die Outeur lees as volg: "Hierdie boek het tot stand gekom in verband met die jubileumviering in Paarl ter herdenking van die aankoms van Pierre Labuscaigne, die stamvader van alle Labuschagnes, op 14 Mei 1711 in die Kaap van Goeie Hoop. Dit is ’n beskrywing van hulle voorgeskiedenis en in dié opsig is dit ’n studie oor die tragiese lotgevalle van Hugenote-families. Die outeur, prof Casper Labuschagne, gee ’n insiggewende oorsig van die gewelddadige onderdrukking van andersdenkendes deur die Rooms–Katolieke Kerk in noue samewerking met die Franse staat, met as absolute laagtepunt die vervolging van die Hugenote. Daarby word ook gefokus op die wreedhede wat toegepas is om hulle hul geloof te laat afsweer, of as martelaars te sterf, of te vlug. Hy doen tewens uitgebreid verslag van sy jarelange navorsing en soektog na die plekke waar die voorouers gewoon het en van die verrassende ontdekking van argiefstukke in Frankryk, Duitsland en Nederland. Op grond daarvan kon hy die geskiedenis van sy voorouers beskryf vanaf die begin van die 17de tot die aanvang van die 18de eeu."
Inhoud
Voorwoord deur die voorsitter van die Hugenote-Vereniging
Voorwoord deur die voorsitter van die Labuschagne Familiebond
Inleiding en oorsig van die inhoud
1. Die land van ons voorouers tydens die godsdiensoorloë
2. Ons Franse naam: spelling, uitspraak en betekenis
3. Op soek na Pierre se plek van herkoms in Frankryk
4. Informasie oor ons voorouers uit die Franse argiewe
5. Die jare 1682-1686: rampspoed en onheil in Bergerac
6. Die tragiese geskiedenis van Samson Labuscaigne
7. Pierre vlug: sy verblyf in Frankfurt en Amsterdam
8. Pierre vestig hom in Enkhuizen as kleremaker
9. Pierre as seeman van sy vrou en kinders geskei
10. Kort oorsig van die lotgevalle van Pierre in die Kaap
11. Bronne en literatuur
Die Labuschagne gedenkboek soos hier beskikbaar, word deur die Familiebond met die samewerking en goedkeuring van die Hugenotestigting teen dieselfde prys verkoop. Die boek is ook beskikbaar direk vanaf die Stigting en die besonderhede is beskikbaar op die Stigting se webtuiste soos gelys onder die kieslys “Hulpbronne - Webskakels van belang” |